JOIN OUR MAILING LIST

Pierre @ Ecohealth Badsout

  1. Inleiding

Vrye radikale verouder en vernietig selle en organe en breek 24/7 af, veroorsaak veroudering en siektetoestande; dit is die enkele rede waarom daar elke dag aktief - met kennis oor die skades van vrye radikale - daarvan ontslae geraak moet word.

  1. Hierdie faktore beïnvloed elke mens en dier se lewe elke dag

 

  • Stresfaktore
  • Vrye Radikale
  • Gesondheidswaardes van voeding
  • Die gehalte van water
  • Die gehalte van die omgewing se lug wat ons inasem

 

  1. Onkunde oor bogenoemde

Dit verouder - 24/7 van elke dag – almal se bestaan, ongeag mens en dier se begrip daarvan.

Stres en vrye radikale is waarskynlik die belangrikste agente in die voorkoms van:

  • Kanker
  • Velsiektes
  • Siekte toestande wat deur fungi, bakterie en virusse veroorsaak word
  • Literatuur koppel ook vetsug (leptienweerstandigheid) op verskeie maniere aan bogenoemde

 

  1. Voorkoming is beter as beheer

Elke mens is dit aan hom of haarself verskuldig om - ingelig en verantwoordelik - hulself te versorg om moontlike siektes en veroudering te voorkom.

Meeste mense sou waarskynlik, sou hul goeie kennis dra en die skadelike effekte van vrye radikale insien, daagiks besef:

  • Watter skadelike effekte dit het op alle organe
  • Hoe dit aktief 24/7, selveroudering meebring
  • Dat vrye radikale nie net van buite kom nie, m.a.w. nie net vanuit skadelike rook, stof, ultraviolet strale, pestisiedes, diesel en petrochemiese dampe, huishoudelike middels, ens. nie
  • Maar deur die liggaam self ook vervaardig word. Byvoorbeeld suurstof, wat na gebruik deur die selle in die liggaam koolsuurgas word. Voedsel wat verteer in die liggaam om selle en organe te voed, skadelike afvalstowwe word wat uitgeskei moet word.

 

Opsommend

Vrye radikale verouder en vernietig die liggaam en sy organe, werk 24/7 aktief daaraan om selle en organe af te breek en te dood, te vernietig, en om veroudering en ander siektetoestande te veroorsaak.

Dit is die enkele rede waarom daar elke dag, doelbewus en met betroubare kennis, aktief van die potensiële skades van vrye radikale ontslae geraak moet word.

  1. Die Pierre @ Ecohealth Badsout

Die Pierre@ Ecohealth Badsout bestaan uit ? gebalanseerde mengsel van:

  • ‘n spesifieke keuse hoë gradering van magnesium sulfaat
  • seesout van spesifieke gradering
  • koeksoda
  • eksotiese geurmiddels wat bekend is vir hul kalmerende en gesondheidswaardes, en
  • essensiële olies van verskeie soorte. Ook gekies vir hul velvoedende waardes en wat nie die pH van die vel of organe sal versteur nie

 

  1. Wat is die doel van die mengsel en keuse van produkte?

6.1 Magnesium sulfaat is in werklikheid ‘n samestelling van twee minerale wat natuurlik voorkom. Studies bewys dat beide geredelik deur die vel opgeneem word.

Magnesium sulfaat is ook bekend as Engelse sout (Epsom salts). Dit is in werklikheid nie ‘n sout nie. Magnesium sulfaat word baie goed deur die vel absorbeer, en is bekend vir die volgende voordele:

  • Verlig stres en laat spiere ontspan
  • Op molekulêre vlak bind dit met vrye radikale op die vel en onttrek dit dus uit die vel
  • Versag seer spiere en inflammasie
  • Bekend daarvoor dat dit help om nutriënte te absorbeer

6.2 Seesout

Die Dooie See se sout bevat 21 minerale, waaronder magnesium, swawel, iodien, bromiede, sodium, Zink en potassium.

Bogenoemde minerale kom natuurlik in die liggaam voor, maar moet daagliks aangevul word omdat dit daagliks verbruik word.

Hierdie minerale word gebruik om:

  • Magnesium bevorder meer as 300 bio-gesondheidsfaktore in die menslike liggaam en bevorder rustige slaappatrone
  • Potassium balanseer vogbalanse in die vel
  • Bromiede versag spierspasmas, pyne en styfheid van die lyf
  • Sodium bevorder bloedsirkulasie en limfvloei in die limfvatstelsel
  • Die Dooie See se sout is bekend vir sy detoks voordele en ook om wonde en sere te behandel en te ontsmet
  • Iodien speel ? belangrike rol by skildklierfunksionering en die liggaam se metaboliese funksies
  • Swawel is ‘n kragtige detoks agent. Werk nou saam met lewerfunksies en gal om van opgegaarde vrye radikale en ander afvalstowwe en toksiene ontslae te raak

6.3 Koeksoda

  • Koeksoda is ook bekend as sodium bikarbonaat
  • Sodium bikarbonaat is ‘n natuurlike alkaliese substansie wat in die Literatuur beskrywe word as ? agent wat in staat is om ‘n verskeidenheid toksienes te neutraliseer
  • Dit help om die liggaam te alkaliseer, veral na ‘n dag se werk en sweet
  • Maak die vel sag en soepel, en
  • Laat die vel met ? gevoel van sagtheid

6.4 Essensiële Olies

Essensiële olies is reeds sedert Bybelse tye ‘n waardevolle produk vir vroue. Dis gebruik by die balsem van Christus se voete en die waarde of rol van essensiële olies duik orals in die geskiedenis op waar waarde aan vroue geheg word en/of hul skoonheid besing word.

Daar is vandag vele multimiljard Dollar modehuise wat in die ontwikkeling en verfyning van essensiële olies belê. Van die belangrikste vervaardigers is in Frankryk en dit is ook van hierdie olies wat Pierre @ Ecohealth bekom het vir ons badsoutreeks.

Opsommend is die doel van die verskillende olies

Velvoeding, onspanning, seer spiere
(Name hieronder in Engels)

Al ons badsoute word toegedien met die suiwerste aroma-terapeutiese essensiële olies, met aromas wat die innerlike gees en bad-ervaring sal voed

terwyl die mineraal-verrykte seesout sagkens sal ontgif en onvolmaakthede in die spiere en vel herbalanseer. Alle bestanddele in kombinasie sal die gesonde pH vlakke handhaaf, met die vel sag, reagerend en in balans.

Pierre van Niekerk © 2019

Back Back to top